Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

What some of our Advisers have to say

"Dit was die beste besluit wat ek geneem het om by Bwise Financial Solutions aan te sluit. Die stelsels is baie ‘user friendly’. Die ondersteuning vanaf bestuur is van die beste wat ek nog ooit beleef het. Die direkte kommunikasie toegang met bestuur en vinnige omdraaitye van versoeke maak my, as adviseur, se werk soveel makliker. Dankie dat julle ons op hoogte hou, wat in die versekeringsmark aangaan. Julle voeg onsaglike waarde toe tot my praktyk. Ek is trots om deel van die Bwise Groep te wees. Julle laat ons soos een groot familie voel."
"Dis vir my ongelooflik aangenaam om deel te kan wees van so 'n wenspan waar ons as Onafhanklike Finansiële Adviseurs ons gedagtegange moes verander het van "Rooi" as Bank Makelaar na "Blou" vir onafhanklikheid.

Dis 'n ervaring om na 4 jaar deel te kan wees van hierdie SPAN!! Baie dankie dat julle as Bestuurspan wat altyd daar is vir ons en my op 'n gereelde basis besoek.

Baie sterkte met die volgende 5 jaar."
"Dit was ‘n wonderlike ervaring om deel van Bwise Financial Solution te word. Die hele proses het so glad verloop. Geen haakplekke of onsekerhede nie. Ons kon nmiddelik begin werk sonder enige bekommernisse.

‘n Nuwe besem vee mos gewoonlik skoon!

Vandag 3 jaar later kan ons span met dank terugkyk en nogsteeds net met lof praat van die konstante, spoedige, vriendelike en menswaardige ondersteuning wat ons ervaar van ons direkteure, administratiewe personeel, nakomingsbeampte sowel as mede kollegas.

Voorwaar ‘n voorreg om deel van hierdie wenspan te wees en ‘n verskil aan ons kliënte se lewens te kan maak."
"Die afgelope vier jaar het ons ‘n droom geleef in terme van ons ervaring met Bwise Financial Solutions.

Die terme “Courtesy, Attitude, Responsibility, Excellence” was voorgehou as ‘n doelwit vir elkeen wie deel wou word van die Bwise omgewing.

Wat egter waar is, is dat die bestuur daagliks self hierdie credo uitleef . Hulle stel ons in staat om in ‘n professionele omgewing ons roeping as finansiële adviseurs uit te leef, met dieselfde hoflikheid, gesindheid, verantwoordelikheid, en uitmuntendheid.

Ons is dankbaar vir die veilige omgewing waarin ons mag werk."
"Hoekom Bwise en nie A ..... of enige ander maatskappy:

Dit was n groot besluit om te maak om te skuif van A ..... na Bwise- MAAR definitief die regte besluit.

By A ..... was daar heeltyd spanning, dreigemente ens.
Dit is ongelooflik hoe rustig n mens se persoonlikheid geword het na n paar maande by Bwise.
Die ondersteuning van die mense, die hele span van Charles regdeur tot elke persoon. Almal help en staan by- nou nog.

Almal word op gelyke vlak hanteer- daar is geen voortrekkery nie. (by A ..... was daar en is daar nog steeds die hoofseun en prefekte wat alles kry en die ander is net plebs)

Ek is nog geen oomblik spyt oor die skuif wat ek genaak het nie.

Baie dankie aan almal in Bwise wat dit so lekker maak om vir julle te werk!"
"Ek het sedert my aanstelling gevoel ek is deel van ‘n wenspan met integriteit, lojaliteit en omgee vir elkeen. Ek kan met vertroue my praktyk uitbrei en ‘n toekomsvisie hê, wat voorheen onmoontlik was.

Ek ontvang so baie ondersteuning van my kollegas en die administratiewe personeel.
By Bwise is daar nie ‘n ongesonde “elkeen vir homself” visie nie.

Die Bwise direkteure doen soveel moeite om na elke individu afsonderlik te kyk. Bwise loop definitief die ekstra myl vir elke adviseur.

Dit is ‘n voorreg om deel van Bwise te wees."
"Dis vir my ‘n groot voorreg om deel te wees van die Bwise span met die ondersteuning van Charles, Rita, Leon, Mark en kollegas. By Bwise is niemand net nog ‘n nommer nie, hier word almal met groot respek behandel en die belangstelling in ons as adviseurs se besigheid, asook ons persoonlike welstand is net ongelooflik. Met sisteme wat geskep is om ons werk so ongekompliseerd as moontlk te maak, kan ek nie anders as om elke dag dankie te se vir hierdie familie wat werklik vir mekaar omgee nie. Met die “open door policy” bevestig Bwise hulle voortdurende ondersteuning en die verhouding wat ons so gelukkige familie maak. Dankie Bwise vir julle integriteit en werklike omgee vir my en my mede kollegas."
"Ek noem dit maar die 'STORY OF MY LIFE''

Augustus 2011

Ek is baie ongelukkig met die maatskappy waar ek werk. Elke paar maande word kontrakte verander en het ek op 'n plek in my 'lewe'' gekom waar ek net nie meer kans gesien het om aan te gaan en te voel ek teken elke slag my 'lewe' weg nie.

Februarie 2012

Ek kontak Bwise Financial Services en bespreek 'n nuwe loopbaan vooruitsig met hulle. 'n Wen - Wen kontrak word aangebied en ek onderteken. Ek het nog NOOIT soveel ondersteuning ontvang in al my jare van enige maatskappy soos wat ek hier ervaar het nie. Ek het die ondersteuning van Charles Barwise, Leon Stoop, Rita Loots en Belinda Hing ondervind soos 'n nuwe familie waarin ek geland het.

Elke oproep van bemoediging van elkeen van bogenoemdes het my net laat voel ek is nie meer alleen in 'n maatskappy nie, maar in 'n familie wat omgee vir mekaar.

Nou (08/10/2015) ervaar ek nog steeds dat (al het die familie soveel uitgebrei en kom daar gereeld nuwe gesiggies by) nie een van die bestuurspan te besig is om te luister en hulp / raad aan te bied nie.

Al probeer ek hoe hard om aan enigiets negatiefs te dink, kan ek aan niks dink nie.

Een van die hoogtepunet vir my is, dat my tyd nie gemors word met vergaderings wat geen waarde toevoeg nie.

Aan elkeen wat voel dat hulle 'n dooie punt in hul loopbaan bereik, kan ek BESLIS Bwise aanbeveel

Ek sien uit na nog baie gelukkige jare saam met die BWISE FAMILIE"
"Al is ek nog die baba in hierdie familie, kan ek die volgende uit my hart uit sê. My ondervinding voor en tydens die geboorteproses met Bwise was een ongelooflike ervaring. Die eerste ontmoetting, ondersteuning en leiding van dag een af, bystand en onderskraging tydens die proses, en my eerste paar dae saam met Bwise – het my asem weggeslaan. Die boodskappe van gelukwense en sterkte wat my toegewens is op my eerste dag, die 26ste September, het trane van trots en blydskap in my oë gelaat, en ek het onmiddelik deel van ‘n hegte familie gevoel. Buiten hierdie “wow” ondervinding wat ek beleef het, weet ek daar is hande wat my help tydens my grootword proses, vanaf my geboorte, deur my sit en kruip stadium, totdat ek groot genoeg is om op my eie bene te staan, en ek weet verseker – selfs dan sal ek nie teleurgestel word nie."
"Daar is verseker ‘n lewe buite A .....! En wat ek gevind het by Bwise verskil hemelsbreed van dit wat ek gehad het by A ...... As ek terugdink aan my eerste dae, toe almal al hierdie mooi ingekleurde prentjies aan my opgedis het - leidrade, ondersteuning, kommissie, ens. Tot jy daar in jou kantoor by A ..... agter die lessenaar inskuif. Dan word mens terug geruk werklikheid toe. En dit het ek geensins by Bwise ervaar nie. Elke belofte wat hulle aan my gemaak het, het hulle nagekom. Compliance dokumente was stiptelik beskikbaar. Oornames was betyds gedoen en het ook seepglad verloop. En Charles het verseker die stres oor wat A ..... wetlik kan doen, uit my hande geneem. Die ondersteuning wat ek van hom, Leon, Rita en Elrina gekry het was net oorweldigend. As ek weer voor die keuse te staan kom, sal ek verseker weer en weer Bwise kies."
"After 15 years as a Sole Proprietor, it is refreshing and comforting to be part of an impressively professionally enlightened, efficient and supportive financial umbrella, who offer me the full package as a Health intermediary, which ultimately has a beneficial impact on my business, filtering down to my client base, who are the essence of what I do and stand for."
"I joined BWISE in July 2014 and have had an amazing journey in the last 16 months. The professionalism and expert advice of BWISE has enabled me to exceed all expectations and goals. BWISE is committed to ensuring the success of their Advisers."

"My time with Bwise to date has been fantastic, it feels like you are a part of one big family and everyone helps each other. The back-up and support is top notch, I would never have been able to make a start in this career if it was not for Bwise. Thank you Bwise and everyone in Bwise for all the support, advice and guidance. I look forward to a long happy relationship with Bwise."

"The Bwise directors and colleagues have played an important role in my professional career to give me, and my son who recently joined me in my practice, a sense of belonging, assisting us with the decisions we have to make in a difficult and changing industry. Thank you for your support and guidance. It would be very difficult to survive in these challenging times without your knowledge, guidance and support. I am proud to be part of the Bwise team and to be able to work as an independent broker. I have the peace of mind that we are looking out for one another and building a future together."